kyknet channel logo

Tilapiapotjie – Op pad met my potjie

26 November

Met dié instruksies kan jy self hierdie smaaklike potjie probeer. 

Op pad met my potjie
Bestanddele

Tilapia-vis

Gebreekte Mangetti-neute

Uie

Sout

Kookolie

Water

Metode

1. Maak die vis skoon. 

2. Meet riete uit en plaas onder in die potjie om te keer dat die vis aan die bodem van die pot vassit. 

3. Sny die uie. 

4. Breek die Mangetti-neute totdat dit soos sop in tekstuur word. 

5. Plaas die skoon gemaakte vis op die riete in die potjie en voeg sout by. 

6. Voeg water by en plaas die deksel op die potjie. Kook vir 20 minute. 

7. Voeg die uie by, plaas weer die deksel op en kook vir 2 minute. 

8. Sif die Mangetti-neut “sop” en voeg by. 

9. Voeg die kookolie by, plaas die deksel op en kook vir 10 minute. 

10. Bedien en geniet. 

Gewildste Resepte