kyknet channel logo

Beesstertpotjie – Op pad met my potjie

29 Oktober

Probeer hierdie heerlike resep vir jou volgende potjie!

Op pad met my potjie
Bestanddele

Vlapampoentjies

Aartappels

Sampioene

Wortels

Uie

Knoffel

Speserye

Olyfolie

Lourierblare

Worcestershire-sous

Bruin asyn

Blatjang

Appelkooskonfyt

Maaskaas

Room

Sout

Spek

Appels

Water

Metode

1. Kap die beesstert in kleiner stukke.

2. Sny die appels en groente in skywe.

3. Bak die aartappels in foelie, skil en geur met sout en kruie.

4. Verhit olie in die potjie.

5. Braai die uie.

6. Voeg beesstert en sout by en braai. 

7. Voeg speserye by en roer. 

8. Voeg die Worcestershire-sous en bruin asyn by. 

9. Voeg die blatjang, appelkooskonfyt, maaskaas en room by, en roer.

10. Voeg water by, plaas die deksel op die potjie en kook vir 30 minute.

11. Voeg die sampioene, appels, groente, spek en gebakte aartappels by. 

12. Kook vir 45 minute. 

13. Bedien en geniet. 

skaapafvalpotjie op pad met my potjie
Op pad met my potjie
2024-10-22

Skaapafvalpotjie – Op pad met my potjie

Gewildste Resepte