kyknet channel logo

Biltongpotjie – Op pad met my potjie

08 Oktober

Probeer gerus dié biltongpotjie- resep by jou volgende geselligheid!

Biltongpotjie op pad met my potjie
Bestanddele

500 g bees biltong

1 gerookte Vienna-worsie

1 kaas Russian

250 g kaas

2 t biltong-speserye

1 t swart peper

kaas en sampioen- soppoeier

2 uie

2 huisies knoffel, fyn gedruk

1 soetrissie

3 k gekookte penne pasta

150 g spek

1 k botter

1 k vars room

Metode

1.    Smelt die botter in die potjie.

2.    Voeg opgekapte soetrissies, uie en knoffel by. Roer en laat dit prut vir ‘n minuut.

3.    Voeg gesnyde spek en worsies by.

4.    Voeg speserye by en roer.

5.    Voeg die penne pasta by.

6.    Voeg die soppoeier by.

7.    Voeg die room by.

8.    Prut vir  5 minute.

9.    Voeg biltong by en roer.

10. Voeg gerasperde kaas by en roer.

11. Kook vir 10 minute.

12. Bedien en geniet.

Varkskenkelpotjie
Op pad met my potjie
2024-10-01

Varkskenkelpotjie (Eisbein) – Op pad met my potjie

Gewildste Resepte