kyknet channel logo

"Marathon"- hoenderpotjie – Op pad met my potjie

15 Oktober

Potjiekos

Maak gerus dié hoenderpotjie. 

Marathon hoenderpotjie op pad met my potjie
Bestanddele

"marathon" -hoender

‘n handvol sout (MSG en growwe sout)

speserye van jou keuse

3 tot 4 t kookolie

gestampte maroelasaad

1 of 2 uie

3 k water

Metode

1.    Plaas die heel hoender, met binnegoed en pote ingestop, in die potjie.

2.    Voeg water, olie, speserye en sout by.

3.    Kook vir 30 minute.

4.    Wanneer water verminder het, voeg gekapte uie by.

5.    Voeg maroelasaad by en roer.

6.    Kook vir 10 minute.

7.    Bedien en geniet.

Biltongpotjie op pad met my potjie
Op pad met my potjie
2024-10-08

Biltongpotjie – Op pad met my potjie