kyknet channel logo

Skaapafvalpotjie – Op pad met my potjie

22 Oktober

Potjiekos

Joalette het geleer hoe om dié smaaklike skaapafvalpotjie te maak in Twee Rvier. 

skaapafvalpotjie op pad met my potjie
Bestanddele

skaapkop, derms en pote

2 wortels

1 mielie

2 groot aartappels

spesery-mengsel, 2 e borrie, BBQ-speserye, kerriepoeier, wit peper

sout

1 t asyn

1 t worcestershire-sous

water

Metode

1.    Plaas water in die potjie.

2.    Voeg klein stukkies afval by.

3.    Voeg sout by en kook vir 1 uur.

4.    Voeg gekapte aartappels, mielies en wortels by, prut vir 15 minute.

5.    Voeg speserye by, en nog sout, prut vir 10 minute.

6.    Voeg ‘n klein bietjie asyn en Worcestershire-sous by.

7.    Roer en prut vir 5 minute of tot die groente sag is.

8.    Bedien en geniet.

Marathon hoenderpotjie op pad met my potjie
Op pad met my potjie
2024-10-15

"Marathon"- hoenderpotjie – Op pad met my potjie