kyknet channel logo

Amptelike Lokprent: Ark

Video
20 Junie

Noa en Mira is in ’n ruimtetuig na Mars met ’n swaar verantwoordelikheid wat op hulle skouers rus: Die voortbestaan van die mensdom hang van hulle twee af. Samewerking is dus van deurslaggewende belang, maar om saam vasgekeer te wees in ’n skip wat deur die buitenste ruim snel, plaas geweldige druk op enige verhouding. En daar’s baie bagasie wat ’n mens op pad na ’n nuwe begin saamdra. Gaan Noa en Mira hul sending kan voltooi? Of is daar geen hoop vir hierdie duo en dienooreenkomstig die res van ons nie? #Silwerskermfees