kyknet channel logo

Amptelike Lokprent: Tussen die kwashale

Video
20 Junie

Die elfjarige Tyrone, ’n outistiese seun, vind troos deur te skilder – ’n band wat hy en sy oorlede ma gedeel het. “Soek my tussen die kwashale,” het sy gesê, en hierdie woorde spook by hom en lei hom na ’n wêreld waar herinneringe leef in kleur op doek. By die huis is sy ma se afwesigheid soos ’n onvoltooide skildery. Sy pa, verteer deur verdriet, maak die deur na haar ateljee toe en verbied hom om in te gaan, maar vir Tyrone is dit die laaste plek waar hy sy ma se teenwoordigheid nog kan voel. Vasgevang tussen sy behoefte om gehoorsaam te wees aan sy pa en sy hunkering om haar naby te hou, verloor Tyrone homself in sy kuns. In sy verbeelding word die skilderye tot lewe verwek. Elke kwashaal word ’n stille daad van hoop, weerstand en genesing – ’n bewys dat liefde selfs in stilte en afwesigheid helder kan straal, ingeweef in die kleure van sy wêreld. #Silwerskermfees