kyknet channel logo

Amptelike Lokprent: Amazeze (Fleas)

Video
20 Junie

Tonderai, ’n jong Zimbabwiese seun wat in ’n Suid-Afrikaanse township woon, wag angstig teen donker vir sy ma om terug te kom van die werk. ’n Xenofobiese skare maak amok in die buurt, en hy vrees die ergste. Hy pas sy siek, bedlêende jonger broer op wat desperaat vir drinkwater raak. Daar is geen lopende water in hulle blikhuis nie, en Tonderai moet soos ’n rot in die skadu’s skuil en vinnig skarrel om veilige drinkwater vir sy broer by die gemeenskaplike kraan te gaan tap. Dis ’n lewensgevaarlike missie, want sy bure val buitelanders aan. #Silwerskermfees