web uni tv guide
Suidooster TX change Slim BB
web uni tv guide

Suidooster

144Drama13

Amptelike Lokprent: The Last Ranger

Video
20 Junie

Dis die winter van 2020 en streng Covid-inperkingsmaatreëls geld in Suid-Afrika. Gedurende hierdie grendeltyd mag geen toeriste die land binnekom nie. Sonder die toeriste-inkomste kan wildreservate nie die salarisse van hul veldwagters betaal nie, wat die renosters kwesbaar laat vir stropers. Wanneer Litha, ’n jong plaaslike meisie, deur die laaste oorblywende veldwagter aan die wonder van die natuur in die reservaat voorgestel word, word hulle deur stropers onkant betrap. In die daaropvolgende stryd om die renosters te red, kom iets aan die lig wat Litha tot in haar fondamente skud. #Silwerskermfees