kyknet channel logo

Amptelike Lokprent: Melkbrood

Video
20 Junie

Em kom huis toe en gee vir haar ma ’n koevert met ’n brief wat sy moet lees. Maar in plaas daarvan om op die brief te reageer, stuur haar ma die gesprek in die rigting van haar wens dat Em terugkom huis toe en die familiewinkeltjie oorneem. Em weier, waarop haar ma ’n gedig voordra oor swerwende siele en weer die onderwerp ontwyk wat die tweespalt tussen hulle veroorsaak. Verskeur tussen ingee en voet by stuk hou, verbeel Em vir haar twee moontlike toekomspaaie, en elkeen gaan swaar gebuk onder die emosies rondom hulle gespanne verhouding en alles wat nooit gesê is nie. #Silwerskermfees