’n Groep vriende in Kaapstad geniet ’n braai saam, maar die dag word ontwrig toe Ryan se seun vermis raak. Dit lei tot ’n reeks voorvalle oor die naweek wat spanning in Ryan se vriendskappe en huwelik veroorsaak. Ryan se destruktiewe optrede terwyl hy desperaat na sy seun soek, veroorsaak verdere argumente.
Onbekende gebeure uit die verlede word onthul, terwyl Ryan homself in die een moeilike situasie ná die ander bevind, ten spyte van sy beste bedoelings. The Heart Is a Muscle is ’n humanistiese drama oor die genesing van trauma wat van generasie tot generasie oorgedra word, en vergifnis. Dis die storie van ’n man wat leer dat om ’n beter pa, eggenoot en vriend te wees, hy eers moet leer om homself te vergewe.
#Silwerskermfees