Die Superette is ’n aksie-komedie wat afspeel teen ’n wilde pas in ’n kafee op die hoek. Tannie Sonja is die skerp, voete-op-die-aarde-kassier by die winkel wat alomgeliefd is vir haar hartlikheid en humorsin.
Wanneer twee gemaskerde rowers, Bompie en Lange, inbars en geld eis, ontaard die situasie vinnig in ’n gyselaarsdrama. Maar Sonja bly koelkop en gebruik haar ratse verstand, humor en koppigheid om die rowers te ontwyk en haar klante tot aksie oor te haal.
Die Superette, wat op een deurlopende tydlyn afspeel, is ’n spannende wedloop teen tyd en ’n wipwaritkomedie oor ’n gemeenskap wat reg en geregtigheid in eie hande wil neem, maar niks verloop volgens plan nie.
#Silwerskermfees
--
Kyk dit nou op DStv: https://bit.ly/2JaLeXL
Sluit nou aan om 14 dae verniet Showmax te geniet - https://bit.ly/2V049Hc
Volg kykNET op Twitter: https://twitter.com/kykNETtv
Like kykNET op Facebook: https://www.facebook.com/kyknet
Volg kykNET op Instagram: https://www.instagram.com/kyknettv
EN TikTok: https://www.tiktok.com/@kyknett
Besoek http://kyknet.dstv.com
kykNET bied 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak - van hope musiek en onderhoude met SA-en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies - daar's iets vir die hele familie!
Skakel in op kanaal 144 vir die beste in vermaak. Kyk net!