Selina se vertroostende teenwoordigheid in die Swanepoel-huishouding is vir jare as vanselfsprekend aanvaar. Sy is veel meer as net ’n huishulp – sy is soos familie.
Wanneer sy raaiselagtig siek word, kom die Swanepoels voor onbekende emosies te staan. ’n Besoek aan Selina in haar eie huis konfronteer die Swanepoels met ’n wêreld wat hulle nie ken nie.
#Silwerskermfees