GHAM! is ’n intieme kyk binne die wêreld van Die Temple Boys van Ravensmead, wie se virale Afrikaanse treffers in die Gqom-genre eens na ’n ontsnaproete uit die Kaapse Vlakte gelyk het.
Drie jaar ná hul TikTok-roem worstel die groep met verbrokkelende drome, identiteit en volwassenheid. Dié rou dokumentêr vang die groep se veerkragtigheid, humor en selfdoen-gees vas en hulle stryd om ’n gedeelde droom lewend te hou.