kyknet channel logo

Amptelike Lokprent: Fanaties

Video
18 Julie

Dié nuwe reeks draai om Natie Ferreira en sy doen en late in die wêreld van oudhede. Saam met hom ontdek kykers die waardevolle, vergete en interessante ou dinge van vergange eras. Die kern van die reeks is die stories agter die items: die mense en die geskiedenis. Waar daar oudhede is, is daar ook restourasiewerk, en die reeks bekyk ’n paar merkwaardige projekte van nader. Natie is nie bang vir rondkrap, stof of spinnerakke nie – dit is juis daar waar hy die goud vind. As Natie nie rondrits en versamelaars ontmoet nie, is hy by sy winkel, Die Sinkhuisie, in Pretoria. Hier werk hy saam met sy ma en skoonma en sy regterhand, Mandy. Dit is altyd interessant om te sien wie by die winkel instap en waarna hulle op soek is.