’n Ryk wildboer se tienerkleindogter word ontvoer tydens haar pa se verhoor vir moord, en sy is die een sleutelgetuie wat sy onskuld kan bewys. Haar ma word genoop om haar eks-minnaar om hulp te vra – die enigste ervare speurder in die distrik.
’n Desperate soektog in ’n wedren teen tyd volg, maar die familie word op hulle knieë gedwing wanneer vriende in vyande verander en mense uit die verlede naderstaan om skuld te eis, terwyl ’n nalatenskap vol leuens en verraad ontbloot word.