kyknet channel logo

Amptelike Lokprent: Ontwaak

Video
17 Julie

Wat as jou grootste vyand die enigste persoon is wat jou kan help? In Ontwaak keer die psigiater Melissa Human terug na Suid-Afrika om by Noordlig te werk – ’n tronk vir gevaarlike geestesversteurdes. Agter die hoë mure ontdek sy ’n sinistere kultus, Horisonne, wat haar dogter, Adri, ingesluk het – en haar eksman, Melchior, is die leier daarvan. Om Adri te red moet Melissa steun op Alwyn Bekker, ’n briljante reeksmoordenaar. Elke antwoord lei tot nuwe gevaar. Elke keuse het ’n prys. Hierdie is nie net ’n stryd teen ’n kultus nie – dis ’n stryd teen die donkerste dele van die self.