kyknet channel logo

Amptelike Lokprent: Tussen Hemel en Aarde

Video
20 Junie

"Wanneer jy ’n kind verloor, lewe jy in twee wêrelde, maar bestaan nie in een nie.” Op 16 November 2021 het Jannie en Ronel du Plessis die ondenkbare beleef: Die verdrinking van hulle 10 maande oue babaseuntjie, Jan-Nataniël. Ronel beskryf haar swembad as ’n heilige plek ná die tragedie: Die laaste plek waar hy lewendig op aarde was en waar sy steeds sy teenwoordigheid voel. Dit is haar plek tussen Hemel en Aarde. Hierdie dokumentêr draai om Ronel, Jannie en die Du Plessis-familie se kwesbaarheid en rouproses. Dis ’n sensitiewe blik op hoe verskillende mense verlies verwerk en hoe een dag ’n lewe onherroeplik kan verander. #Silwerskermfees