web uni tv guide
Kokkedoor

Wat het jy gedink? – Kokkedoor 3

Nuus
17 Augustus 2019
Lees meer.
1

Die Kokkedore beïndruk by vanjaar se aflewering van dié kompetisie en laat kykers se monde oophang met hul towery in die kombuis. Dié week was daar verwag van die kokke om kuns en kos te kombineer om maaltye te maak wat te mooi is om te eet, maar ook te lekker lyk om te weerstaan. Hier is wat kykers te sê gehad het oor die nuutste episode.

Kykers het onder andere hulle sê gehad oor wie se kos-kunswerk die mooiste was. Corné van Eck het gesê: “Pieter en Sonja, ek wil dit skilder!!!” Adri Clark is van die mening dat William en Wilhemina se kunswerk uitgestaan het bo die res! Patricia Bohlmann Taljaard het al die Kokkedore se pogings komplimenteer deur te sê: “Ek verbaas my elke keer waarmee hierdie mense navore kom. Amazing.”

Nadat die beoordelaars hulle sê gehad het oor die resultate, was Annelize en Zelda gevra om die Kokkedoor-kombuis te verlaat. Ons het gevolglik kykers gevra om ’n boodskap te los vir dié paar. Retha Potgieter het dié mooi boodskap gelos: “Julle laat dit so ‘maklik’ lyk om te kook/toor in die kombuis. Dit is senutergend veral voor die kameras. Mooi wense vorentoe. Wat julle ookal aanpak xxx” Lucy Van Niekerk Trollip het ook genoem dat sy dié span baie geniet het in die kombuis hierdie seisoen. 

Baie kykers was ook opgewonde oor die uitdaging wat aan die Kokkedore gegee is om meesterstukke met slegs groente te maak. 

Greta Bester kon nie wag om te sien wat vanjaar se kokke met groente gaan verrig nie! “Ek sal Kokkedoor binge hierdie naweek. Na die groente storie kan ek nou nie meer wag nie!”

Gesels saam elke Donderdagaand en sê jou sê met die hutsmerk #Kokkedoor op Facebook, Twitter en Instagram.