Aanhangers van die immer-gewilde Kokkedoor het geen bekendstelling nodig teenoor die moeilike, konflik-belaaide verhouding tussen onthoukok, Sonja de Beer en kinkelkok, William White nodig nie.
Maar waar het hulle dubbellaag-koek begin wankel?
Kyk saam met ons terug na die video-onderhoude met William en Sonja aan die begin van hul kokkedoor-reis.
Daar het stelselmatig al hoe meer irritasies deurgeskemer soos die uitdagings moeiliker geraak het. William het op ‘n stadium wrang opgemerk: “Elke hond kry sy dag en elke sjef kry sy juffrou.”
In dieselfde asem het Sonja ook al opgemerk dat sy dink dit is vir William moeilik as sy sterk staan in die kombuis.
Dalk was daar net te veel persoonlikheid-verskille tussen dié twee kokkedore?
Sien vir jouself:
Die spanning het egter laas week kookpunt bereik tydens die uitdaging om nagereg-tafels te voorsien onder die leiding van Herman Lensing by die Bravo!-bal.
Gelukkig vir William en Sonja, het redding gekom in die vorm van ’n skokkende span-skommeling aan die einde van laas week se episode. In William se woorde: “Ons het begin by ’n pragtige wals, maar het geëindig by ’n Texas barfight.”
Hopelik sal daar weer vir die volgende paar weke relatiewe kalmte in die kokkedoor-kombuis heers met die nuwe spanne, voordat hulle weer dit onder mekaar uitspook om as die wenners van kokkedoor gekroon te word.
Wie kan smaak beter uitken? Kinkelkok William of onthoukok Sonja? Vind hier uit.
Onhou om elke Donderdag 20:00 in te skakel vir die nuutste afllewering van kokkedoor. Jy kan ook op hoogte van sake bly op Facebook, Twitter en Instagram met die hutsmerk #Kokkedoor.