web uni tv guide
Kokkedoor

Interaktiewe kookervarings – Kokkedoor 3

Nuus
08 Augustus 2019
Kom kook saam op die volgende datums.
Kokkedoor_Kombuis

FOTO: Verskaf
 

Kom kook en kuier op die stel waar Kokkedoor 3 opgeneem is in Kaapstad. Kry ’n kykie agter die skerms én kry ’n kans om in die kombuise op stel ’n kookklas te ervaar wat verband hou met die vorige week se tema.

Die klasse word aangebied deur sjef Anthony, wat in die kombuis agter die skerms van dié kookreeks werk. Party klasse sal ook deur van die beoordelaars en huidige deelnemers bygewoon word – hou Facebook dop.

Hier is ’n voorsmakie van wat jy in die Kokkedoor-kombuis kan verwag:

18:15 – 18:30
Welkomdrankies.

18:30 – 19:00
Inleiding en demonstrasie deur sjef Anthony.

19:00 – 20:30
Kosvoorbereiding in die kombuis terwyl sjef Anthony en sy span jou stap-vir-stap touwys maak.

20:30 – 21:30
Smul aan die geregte wat jy voorberei het, met ’n glas wyn en ’n kuier om die tafel. ’n Pret- en lagbelaaide aand.

Ons borge is die KWV-Cathedral Cellar en Food Lover’s Market. Elke klas kos R550 per persoon. Die Morokko-ervaring is R650 as gevolg van die saffraan en duurder bestanddele van die aand. Hoewel daar wyn ingesluit word, is jy welkom om ook jou eie drinkgoed saam te bring. Bespreek nou jou plek op Forkit events se Facebookblad.

Onthou dié datums:

Woensdag 14 Augustus 2019

Interaktiewe kookervaring | Episode 3: Trooskos.

Ons nooi jou uit om aan ’n interaktiewe kookervaring by die Kokkedoor-kookateljee deel te neem. Jy kan geregte voorberei wat geïnspireer is deur die 13 episodes wat tans op kykNET se Kokkedoor-televisieprogram wys.

Gedurende hierdie sessie sal ons kos uit ons jeug ondersoek en skep. Aangebied deur sjef Anthony.

Vrydag 16 Augustus 2019

Interaktiewe kookervaring | Magiese Marokko – geure van ander streke.

Magiese Marokko: R650 per persoon

Ons nooi jou uit om jou smaakknoppies vir ’n uitstappie na die Magiese Morokko toe te neem. Hierdie outentieke kookklas word versigtig beplan en kunstig aangebied deur sjef Anthony, wat jou sal bekendstel aan ’n hele nuwe wêreld van aromas, speserye, en geure – almal direk uit dié bruisende kookkunsstreek.

Woensdag 21 Augustus 2019

Interaktiewe kookervaring | Episode 4: Ikoniese geurontploffings.

Rugby en die Koelsak: R550 per persoon

Ons nooi jou uit om aan ’n interaktiewe kookervaring by die Kokkedoor-kookateljee deel te neem. Jy kan geregte voorberei wat geïnspireer is deur die 13 episodes wat tans op kykNET se Kokkedoor-televisieprogram wys.

Gedurende hierdie episode sal ons kos kos wat deur twee rugbylegendes geïnspireer is, ondersoek en skep. Aangebied deur sjef Anthony.

Woensdag 28 Augustus 2019

Interaktiewe kookervaring | Episode 5: Groente stillewe.

Die Oestafel: R550 per persoon

Forkit nooi jou uit om aan ’n interaktiewe kookervaring by die Kokkedoor-kookateljee deel te neem. Jy kan geregte voorberei wat geïnspireer is deur die 13 episodes wat tans op kykNET se Kokkedoor-televisieprogram wys.

Tydens hierdie episode sal ons Die Oestafel ondersoek en skep. Aangebied deur sjef Anthony.

Span solank jou kosklub in vir die maand van Augustus, en deel jóú Kokkedoor-ervaring met ons op Facebook, Twitter en Instagram, deur die hutsmerk #Kokkedoor op sosiale media te gebruik.