web uni tv guide
Kokkedoor

Ek lag my ’n ertjie – Kokkedoor 3

Nuus
10 Oktober 2019
Blik saam met ons terug na die snaakste oomblikke van Kokkedoor 3.
_N9A8705 (1)

Foto: Ian van Wyk

Die week van die laaste Kokkedoor-episode het uiteindelik aangebreek. In die afgelope 12 weke het ons saam met hulle gelag en gehuil. Dit is onmoontlik om nié betrokke te raak by die gebeure in die kombuis nie. Kom ons kyk terug na die snaakste gebeurtenisse wat hierdie seisoen in die kombuis plaasgevind het.

Episode 1

Toe al die onthoukokke dit moes uitspook om ’n plek in die kombuis te verdien, het die spens te knap geraak vir al die Kokkedore.

Episode 2

Tydens die tweede episode van Kokkedoor, het kinkelkok Danie en onthoukok, Mariana ons beïndruk met ‘n baie... interessante dansie...

Episode 3

Ons reaksie was dieselfde as Zelda s’n – veral wanneer die spanne geskommel is tydens die reeks.

Episode 4

In die vierde episode het die kompetisie definitief begin opwarm vir die wedstryd om as Kokkedoor gekroon te word.

Episode 5

Kinkelkok Anmar het beslis soos ‘n super-held gevoel met die groente-uitdaging in episode 5.

Episode 6

Tydens episode 6 het almal soos Ralph begin voel: geen foute word in die kombuis toegelaat nie.

Episode 7

Lienkie het in die sewende episode van van Kokkedoor ’n epiese stryd gevoer met foelie. Dit gebeeur menigte male met ons ook in die kombuis.

Episode 8

Ons gesigsuitdrukking is dieselfde as Pasch s’n wanneer ons uitvind daar is nie meer nagereg nie.

Episode 9

Lienkie se apparate – en kos – wil net nie saamwerk in die kombuis nie.

Episode 10

In die 10de episode het die beoordelaars se ‘disco’-dansies almal in vervoering gehad!

Episode 11

Ralph en Pieter het almal in die 11de episode laat weet dat hulle hier is om die kompetisie te wen.

Episode 12

Wilhelmina wil net kook!

Die Kokkedore het bewys dat hulle floreer in die mees stresvolle situasies. Ons gaan beslis na elke Kokkedoor se kwinkslae verlang na die finale episode die 10de Oktober om 20:00 uitgesaai word.

As die verlange na jou gunsteling Kokkedore te erg raak, gaan maak ’n draai op FacebookTwitter en Instagram  en sê ‘hallo’ met die hutsmerk #Kokkedoor.