web uni tv guide
Die brug S2 Slim BB All Players
web uni tv guide

Die Brug

144Realiteit13 L

Van lekker lag kom lekker huil – Die brug

Nuus
10 Julie 2025
Daar was nie ‘n tekort aan hartverskeurende en dramatiese oomblikke op “Die brug” nie, maar daar was ook net soveel snaakse oomblikke.
Die brug S2 article image

Dit is ‘n uitmergelende taak om ‘n brug in 14 dae te bou: Jou lyf is moeg en seer en jou emosies ry wipplank met die skokkende draaie wat die brug na jou kant toe gooi. Maar so tussendeur trane, drama en alliansies word daar ook so af en toe saam gelag.

Die seisoen het sommer afgeskop met ‘n heerlike dosis humor toe Hannes hoor Melissa was in die weermag.

Hilana se skuif na Noordhuis kon nie op ‘n beter tyd gekom het nie! Die spelers waardeer haar en benodig ook haar verskeie sterkpunte om hulle te help om voor te loop met die bouproses, maar ons gunsteling- oomblik was toe Hilana vergelyk was met “superwoman”.

Die stil en teruggetrokke Luwellen was ook nie bang om af en toe sy stem dik te maak nie – en eerlikwaar? Soms voel ons presies dieselfde.

Wanneer Lelani nie kan praat nie omdat sy die waarnemende speler is, gaan was sy eerder skottelgoed – en dit is iets wat ons ook sal doen as die spanning net té erg raak tydens ‘n episode!

‘n Sin vir humor is soms die enigste manier om te deal met iets wat hartseer is, soos toe Durand besluit het hy is eintlik bly om huis toe te gaan want hy gaan iets ekstra lekker eet

Rechaux staan ook altyd gereed met ‘n lekker one-liner, soos hierdie een:

Hanri hou haar kop laag en is nie bang vir harde werk nie, maar so af en toe sê sy ietsie op haar stil, rustige manier wat ons laat lê van die lag!

Maar die kroon vir snaakse oomblikke kan vir niemand anders gegee word as Wilhrisca nie! Hier is ‘n paar van haar beste sê-goed:

En dan natuurlik die brood een:

Die spanning verhoog al hoe meer hoe nader die spanne kom aan die R1 miljoen. Almal wonder wie gaan oorloop. Die spelers ook. Bly ingeskakel op kykNET, kanaal 144 vir nuwe episodes van Die brug elke Donderdagaand om 20:00. Gesels ook saam op Facebook, Instagram en TikTok.