Luwellen het dalk meer as een keer koppe gestamp met sy spanmaats, maar Suidhuis het baie gespek gehad vir hulle “brug-pa”. Luwellen het van die begin af uitgestaan as ’n sterk speler wat ’n groot impak kan hê op die bou van die brug, en daarom het Noordhuis besluit dat hy die een moet wees om die spel te verlaat.
Hoe voel dit om jouself op TV te sien?
Dit was good.
Hoe het jy reageer toe jy uitgevind het dat jy op Die brug gaan wees?
Julle het my dag gemaak. Dit was altyd my droom gewees om op realiteit TV te verskyn.
Wat het jou laat besluit om in te skryf vir Die brug?
Toe ek seisoen 1 gekyk het, het ek vir myself gesê ek kan dit ook doen as daai manne wat geen konstruksie agtergrond het dit kan doen nie.
Is daar enigiets wat jy anders sou doen?
Sou niks verander het nie. Rather go big or go home.
Het enigiets verander in jou lewe vandat jy op Die brug was?
Ja, baie het verander. Ek kon vrede maak met my verlede, ek kon publicly om verskoning vra voor miljoene vir my familie vir al die foute. Ek kon vir ’n slag myself eerste stel. My siening in die lewe kon verander. My geloof het baie sterker geraak. Baie mense en ’n besigheidnetwerk kon my bel en my storie kon in hulle lewens 'n verskil maak. Baie mense wil nou met my associate want hulle het die verandering in my gesien.
Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir #DieBrug en gesels saam op Facebook, Instagram, X en TikTok.