web uni tv guide
Die brug S2 Slim BB All Players
web uni tv guide

Die Brug

144Realiteit13 L

Elsje kyk terug – Die brug

Nuus
21 Julie 2025
Elsje vertel ons meer oor haar “Die brug”-ervaring.
Die brug

Elsje het dalk laaste by Suidhuis arriveer, maar dit het nie lank gevat vir haar om ’n goeie indruk te maak nie. Sy het almal beïndruk met hoe vinnig sy leer, hoe hard sy werk en hoe sy dadelik haar plek in die spel gevind het. Elsje het ook uiteindelik haarself opgeoffer sodat Suidhuis kan wen en dié besluit sal nie gou vergeet word nie.



Hoe voel dit om jouself op TV te sien?

Vreemd, maar lekker.

Hoe het jy reageer toe jy uitgevind het dat jy op Die brug gaan wees?

Opgewonde, maar hoe nader die tyd gekom het hoe meer het ek begin stres oor die proses.

Wat het jou laat besluit om in te skryf vir Die brug?

Ek wou uit my comfort zone kom en myself toets.



Is daar enigiets wat jy anders sou doen?

Dalk myself laat oorgaan Noordhuis toe in die bos.

Het enigiets verander in jou lewe vandat jy op Die brug was?

Ja, ek glo meer in myself.

Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir #DieBrug en gesels saam op Facebook, Instagram, X en TikTok.