web uni tv guide
web uni tv guide

Reënboogrant

144Drama13 L
Reenboogrant poster

Die telenovela is gegrond op die gelyknamige boeke deur Louise van Niekerk en vertel die verhaal van die susters Shani en Sunette Brink en hul ouer broer, Dolf. Die reeks speel in die Tshwane-voorstad Reënboogrant af.

S1 | E2
24 Januarie 18:30
'S1/E2'. Japie vind uit van Dolf se verhouding met Rachelle en besluit om daarop te kapitaliseer. Shani en Johan se verh...

"Reënboogrant" kom ook na kykNET

News
13 Januarie 2025
"Reënboogrant" begin op 17 Januarie om 18:30 op kykNET, DStv-kanaal 144, en sal daarna weekliks op Vrydae in dieselfde tydgeleuf uitgesaai word.
Reenboogrant Article Image

Die gewilde tienerboekreeks Reënboogrant maak hierdie week sy TV-debuut. Dit belowe om ’n opwindende reis vol tienerdrama, familiekonflik, liefde, aspirasies en spanning te wees. Die telenovela is gegrond op die gelyknamige boeke deur Louise van Niekerk en vertel die verhaal van die susters Shani en Sunette Brink en hul ouer broer, Dolf. Die reeks speel in die Tshwane-voorstad Reënboogrant af.

In die rolverdeling is Minke Marais (Mooiweer en Warm, Nuwejaar en Summertide) en Mila de Villiers (Wyfie) as Shani en Sunette, met Paul Strydom (Spooksoeker) as Dolf. Diepe Waters se Righard van Jaarsveld en Johnny Potsanyane is ook in die rolverdeling, asook die voormalige Miss Teen Namibië-finalis Marelee Ferreira en die jong akteur Xander Venter wat sy debuut maak. Juanita de Villiers en Johan Scholtz is te sien as die Brink-kinders se ouers, Skye Sutton is hulle kleinsus Marietjie en Karin Retief is Ouma Mart.

Die SAFTA- en Silwerskerm-wenner Desiré Gardner (Magda Louw) is die hoofskrywer, met André Velts wat die regie-span lei en Sonvelt Media is die produksiehuis.

Reënboogrant word vir Showmax vervaardig, maar daar sal van Vrydag 17 Januarie om 18:30 ook een episode per week op kykNET gewys word.

In episode 1 maak ons kennis met Shani (Minke Marais) en die diverse gemeenskap van Reënboogrant. Sunette (Mila de Villiers) stel Shani teleur tydens haar American Guild of Acting-oudisie omdat Tina (Cara Kruger) se inmenging alles bederf. Intussen sukkel Dolf (Paul Strydom) om sy emosies in toom te hou wanneer dit by Rachelle (Marelee Ferreira) ter sprake kom en dit lei tot konflik met Japie (Dante Elliot) oor die rugbykapteinskap. Bongi (Johnny Potsanyane) is ontevrede met meneer Bothma (Deon Coetzee) se streng reëls vir die Mei-dans.

Reënboogrant begin op 17 Januarie om 18:30 op kykNET, DStv-kanaal 144, en sal daarna weekliks op Vrydae in dieselfde tydgeleuf uitgesaai word.

Nog Programme

DStv Catchup
Suidooster S10 Poster KN

Suidooster

18:00 | 20 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Diepe waters S3 Poster

Diepe Waters

18:30 | 20 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Binnelanders S14 Poster

Binnelanders

19:30 | 20 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Skemergrond

Skemergrond

19:30 | 20 Jan
web uni tv guide
Kanaal
145
DStv Catchup
Die Byl S6 Poster

Die Byl

20:00 | 21 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144