web uni tv guide
Lamb Champs S1 SP BB
web uni tv guide

Lamb Champs: Die hart en siel van skaapboerdery

144Landbouprogram
Lamb Champs S1 Poster

In "Lamb Champs: Die hart en siel van skaapboerdery", ’n nuwe dokumentêre reeks wat op 16 Maart om 20:00 op kykNET begin, reis Minki van der Westhuizen die land vol om die verhaal van ses skaapboere te vertel. 

1

S1 | E1
16 Maart 20:00
Meer inligting volg binnekort

Ontmoet die boere

Waar kom jou tjoppie vandaan? – Lamb Champs: Die hart en siel van skaapboerdery

News
18 Februarie 2025
"Lamb Champs: Die hart en siel van skaapboerdery" begin op 16 Maart om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Lamb Champs S1 Article Image

Wanneer jy voor ’n rak vol skaapvleis staan en wik en weeg wat jy in jou mandjie gaan sit, is daar ’n storie agter elkeen van daardie snitte skaapvleis waarvan min mense bewus is.

In Lamb Champs: Die hart en siel van skaapboerdery, ’n nuwe dokumentêre reeks wat op 16 Maart om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) begin, reis Minki van der Westhuizen die land vol om die verhaal van ses skaapboere te vertel. Dié reeks van ses episodes stap saam met die boere die pad na die Lamb Champs-kompetisie, wat in 2024 in Pretoria aangebied is en waar die topskaapboer met R160 000 se pryse weggestap het.

Die Lamb Champs-kompetisie is deur Saai (Suider-Afrika Agri Inisiatief) begin omdat hulle die storie van familieboere en hul lamsvleis op die wêreldkaart wil sit.

“Ons braai lamsvleis as ons spesiale mense om ons het,” sê Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai. “Dit is ’n ete wat méér beteken. Dit is die geur van herinneringe, van saamwees, van familie. Dit is daardie oomblik wanneer ’n gesin om die vuur bymekaarkom, wanneer vriende saamlag terwyl die kole gloei. Skaap is nie net vleis nie – dit is ’n baken van tradisie.”

Lamb Champs: Die hart en siel van skaapboerdery volg ses skaapboere – van hulle is reeds geslagte lank op ’n familieplaas, maar van die ander is die eerste generasie wat grond huur en met skaap begin boer het. Die boere se agtergrond mag verskil, maar hulle het twee dinge gemeen: trots en passie.

“Hierdie is nie net ’n landboureeks nie – dit is ’n storie van familie, tradisie en erfenis. Dis ’n uitnodiging aan verbruikers om te sien waar hul vleis regtig vandaan kom, om weer ’n persoonlike verbintenis met kos te hê, en om die ware waarde van familieboerdery te verstaan,” sê Saai in ’n mediaverklaring.

Met sielvolle onderhoude, humor en menslikheid, en kinematografie wat jou asem wegslaan, is Lamb Champs: Die hart en siel van skaapboerdery ’n reeks wat oor veel meer as net skaapboerdery gaan. Ja, dit neem die kyker na daar waar die skaapvleis sy reis na die uiteindelike winkelrak begin, maar dit vertel ook van uithou en aanhou en van boere en die mense in hulle lewens wat altyd ’n plan maak.

Die Lamb Champs-kompetisie word trots geborg deur Pick n Pay, in samewerking met Toyota.

“Ons is diep dankbaar vir ons vennote, hoofborg Pick n Pay en mede-borg Toyota, wat saam met ons help bou aan ’n wêreld waar familieboere nie net oorleef nie, maar floreer,” sê Francois. “Pick n Pay het meer gedoen as om net ’n borg te wees – hulle het rakspasie geskep, hul kopers betrek en ’n belofte gemaak om die afstand tussen boer en verbruiker kleiner te maak.”

Lamb Champs: Die hart en siel van skaapboerdery begin op 16 Maart om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal op DStv Stream beskikbaar wees.

Nog Programme

DStv Catchup
Met n huppel in die stap S17 Poster

Met 'n Huppel In Die Stap

17:30 | 26 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Kyk wie praat

Kyk Wie Praat

20:00 | 26 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Lekker en goed S1 Poster

Lekker & Goed

17:30 | 27 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Kokkedoor Vuur Vlam

Kokkedoor: Vuur & Vlam

20:00 | 27 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Mal Kamper S4 Poster

Mal Kamper

18:30 | 01 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Stralend S2 Poster

Stralend

18:00 | 02 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Herders

Herders

20:00 | 02 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Hier gaan ons alweer S23 Poster

Hier Gaan Ons Alweer

17:30 | 03 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Elders: Ligtoringroete

Elders

20:00 | 03 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Die ondernemers Poster

Die Ondernemers

21:30 | 04 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144