web uni tv guide
Koortjies met Elwira Standili S2
web uni tv guide

Koortjies Met Elwira Standili

145GeselsprogramPG
Koortjies met Elwira Standili S2

Koortjies vertel soveel inspirerende en lewensveranderende stories.” So sê Elwira Standili, die nuwe aanbieder van die gewilde gospelreeks, waarvan die vyfde seisoen dié Sondag (14 Julie) op kykNET & kie begin.

S2 | E6
19 Januarie 19:00
'S2/E6 of 16'. Die week leer ken ons vir Marunzo Thomas en Ashley Riddlez van Skemergrond. Hulle vertel van hul grootwor...

'Koortjies met Elwira Standili' keer terug met ’n nuwe seisoen

News
02 Desember 2024
Die gewilde gospelprogram, Koortjies, keer op Sondag 15 Desember vir ’n sesde seisoen terug na kykNET & kie.
Koortjies met Elwira Standili

Vroeër vanjaar het die Pinkstersanger en Idols-deelnemer Elwira Standili die aanbiederleisels by Jonathan Rubain oorgeneem en gou haar stempel op die program afgedruk. 

Van haar gaste vir die komende seisoen sluit onder andere Marc Lottering, Lester Kiewit, Barenice Wildeskut, Chanelle Davids-Abrahams  en Juandré Davids in. 

Vir Koortjies se Kersfeesskouspel verwelkom Elwira vir Robin Pieters, Paxton Fielies en Kinders van Sion as gaskunstenaars. 

En, in die nuwe jaar kom kuier Skemergrond se Marunzo Thomas en Ashley Riddlez by Elwira, terwyl Suidooster se Richard September en Melissa Willering, wat onderskeidelik Bennie en Linda in die sepie speel, oor verdraagsaamheid kom gesels. 

Elwira vertel meer oor wat Koortjies-aanhangers kan verwag in die nuwe seisoen, asook haar reis as aanbieder tot op hede. 

1. Wat staan vir jou uit van die nuwe seisoen van Koortjies en hoekom gaan mense dit wil kyk?
Ek dink die mense kan my nie nou los nie, ons het dan so goed gedoen in die eerste seisoen. Dis definitief ’n geval van hulle gaan saam met my groei. Ek was baie op my senuwees met die skiet van die eerste seisoen, maar ek is nou baie meer op my gemak. Ek glo mense gaan dit geniet want ons gee vir die kykers wat hulle wil hê.

Daar is baie talentvolle mense wat nog nie die kans gekry het om op hierdie manier blootgestel te word nie. Ons gaan hulle die geleentheid gee – en ek dink die mense gaan excited wees as hulle gaan sien wie ons vir hulle gaan bring!

Die onderwerpe raak ook meer intens en ons het gepoog om kykers deel te maak van die proses. Ons het mense gevra om hulle stories te kom vertel. Ja, die kykers gaan in hul noppies wees met wat hulle gaan sien en hoor.

2.  Hoe sal jy jou Koortjies-reis tot dusver beskryf?
Daar is baie van die onderwerpe wat ons oor praat, waar ek baie navorsing oor gaan doen want ek was nie op die hoogte van sommige van die onderwerpe nie. Dit was beslis eye-opening vir my.

Dis uitdagend, maar terselfdertyd is daar kits-beloning wat plaasvind – dit wat jy sien van die gehoor tydens die opnames in die ateljee. Dan is daar natuurlik ook die terugvoering wat na elke episode ontvang word, of dit nou op Facebook is of waar ek mense persoonlik ontmoet.

Daar’s baie mense wat my stop en vertel hoe hulle Koortjies geniet. Ek dink ek bou ’n relationship met die mense en bring letterlik die kerk in hul voorkamer. Ek love die reis, ek like die groei wat hiermee gepaard gaan en dat ’n mens op alle vlakke uitgedaag word.

Dit begin al hoe meer voel soos ’n familie.

3. Wat is van die lesse wat jy in die nuwe seisoen van Koortjies by jou gaste geleer het?
Ek het beslis by my gaste geleer om so outentiek as moontlik te wees. Ook om nooit skaam te wees oor waar ek vandaan kom nie of wat ek deurgemaak het nie, want dit is wat essensieel goeie songs maak en goeie boeke skryf.

Daar’s goed wat jy deurgemaak het wat jou op die einde van die dag so ’n massive testimony gee, iets wat mense wil hoor. Ons is almal maar net eenvoudige mense met eenvoudige agtergronde wat deur hierdie goete gegaan het, dan bring ons testimonies vir ons op platforms waar ons beter kan teruggee en mense kan help.

Ja, ek het definitief baie respek gekry vir baie mense wat ons nog op die skerm gaan sien. Dis nie noodwendig mense wat akteurs of sangers is nie, maar eenvoudige mense wat deur ’n heavy stryd gegaan het en dit anderkant uit gemaak het.

En net so bou ons mekaar.

Bly so outentiek soos wat jy is, vertel jou eie storie sonder om skaam te wees oor waar jy vandaan kom. Wees net jy . . . want daai is presies wat die wêreld nodig het.

  • Die nuwe seisoen van Koortjies met Elwira Standili begin op Sondag 15 Desember op kykNET & Kie, DStv kanaal 145.