Nico is ‘n Pretorianer wat in graad 12 deur sy Verbruikerstudie-onderwyseres as ‘n leerder met potensiaal geïdentifiseer is. Sy het hom aangemoedig om sjefskool by te woon, waarna hy vir drie jaar by Chefs Training and Innovation Academy studeer het. Nico het by verskeie restaurante gewerk tot hy in Julie 2020 by Bertus se Overture Restaurant aangesluit het. Overture is een van Suid-Afrika se bekendste restaurante en Nico is tans tweede in bevel van die kombuis.