kyknet channel logo

Warboel-komedie vir ’n skaterlag-Saterdagaand op kykNET

Nuus
17 Julie 2025
Wat kan alles gebeur wanneer daar ’n uitnodiging na ’n hoërskool se 20-jaar-reünie uitgaan? Wat as twee skoolliefdes mekaar weer op sosiale media leer ken en besef hulle het dalk nog gevoelens vir mekaar?
Die Affere

Marta (Anél Wood) en Johan (Johan Joubert) is beide vasgevang in ongelukkige huwelike. Johan, wat saam met sy skoolvriend Leo (Solomon Cupido) as loodgieter werk, is getroud met Anja (Laura-Lee Mostert), wat ook saam met hulle op skool was. Anja dink Johan is nie meer die ambisieuse man wat sy op skool leer ken het nie en draai ’n koue skouer wanneer hy toenadering soek.

Marta is getroud met Fritz (Luan Louw), ’n man wat glo hy kan die land in padel verteenwoordig en aan min anders aandag gee, insluitend sy vrou.

Wanneer Marta en Johan besluit om vir ’n naweek weg te gaan, loop dinge lelik skeef – ’n lyk tuimel uit die kas by die huis waar hulle gaan oornag. Wat volg, is ’n warboel met dubbelagente, diamantsmokkelaars en oorgenoeg komedie.

Ook in die rolverdeling is Juan-Pierre Moller, Tiffany Kelly (bekend vir haar rol as Sonet in Egoli), Wendy Cupido en Neels Clasen. Die draaiboek is deur Gita Fourie geskryf, en Bouwer Bosch is die regisseur.

  • Die affêre is op 19 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees