Die finale prentjie wat die duo’s skep begin al hoe duideliker raak, maar gaan die beoordelaars daarvan hou? Die duo’s se kombuis en leef-areas moes klaar gewees het vir die vierde sterremonie, maar ‘n vakansiedag het aflewerings belemmer.
Hier is hoe die duo’s gevaar het:
Claudia en Alicia – 3.3 sterre
Die beoordelaars was gelukkig met hoe ruim #DieSussiesVanBloemfontein se eenheid is, maar hulle voel die spasie kan meer benut word deur ontslae te raak van die losstaande stoof en dit eerder te vervang met ‘n twee plaat-stofie of ‘n mikrogolfoond.
Klaas en Yvett – 3.7 sterre
Die beoordelaars het baie van die fokusmuur gehou wat #DieDeftigeDuo geverf het met Tjhoko se “stencil of paris”. Die beoordelaars het ook baie van hulle kleurskema gehou en was mal daaroor dat dié duo swart en room-kleure gemeng het om die Japandi-voorkoms te skep.
Maar daar was nie net positiewe terugvoer gewees nie: Daar is steeds te min pakplek in die eenheid nie.
Lee-Ann en Johann – 3.8 sterre
Die beoordelaars was baie bekommerd oor Johann en Lee-Ann se eenheid: Daar is nie genoeg kragpunte in die kombuis nie en van die meubels is net té groot vir die klein spasie. Daar was ook ‘n bekommernis gewees oor die yskas wat nie heeltemal oop kan maak nie.
Maggie en Gerrie – 4 sterre
Die beoordelaars is bietjie bekommerd oor die verskillende soorte hout wat Maggie en Gerrie gebruik in die eenheid en voel dit sou beter wees om slegs een of twee soorte te gebruik.
Hulle was wel baie beïndruk met hoe #DieEklektieseEgpaar die popstrukt-kassies benut het deur dit aan te pas om ‘n wasbak te word.
Juan-Louis en Elri – 4.2 sterre
#DiePelleVanPotch het die beoordelaars beïndruk met hulle volledige kombuis wat ‘n koffie-meul en mikrogolfoond ingesluit het. Daar was ook groot opgewondenheid oor die hoeveelheid kragpunte in die kombuis wat dit ‘n plesier sal maak om te kook vir enige paartjie wat dié eenheid huur.
Daar was egter ‘n bekommernis oor die skuur-deur wat na die badkamer toe gaan en dat dit eintlik net die muur beskadig.
Mika en Jannie – 4.3 sterre
Uiteindelik kon Jannie en Mika presies vir die beoordelaars wys waarheen hulle op pad met hulle eenheid! Die beoordelaars was MAL oor die “scandustrial”-elemente in die eenheid, maar hulle voel daardie yskas is net té groot vir die mikro-eenheid.
#DieJongVerliefdes het die fase gewen en is dus die toesighouers vir die heel laaste fase van dié kompetisie.
Stroom dié week se episode op DStv Stream en gesels saam deur die hutsmerk #KleinParadys te gebruik op Facebook, Instagram, X en TikTo