Die duo’s was baie bekommerd gewees oor dié sterriemonie as gevolg van die massiewe hoeveelheid werk wat steeds gedoen moes word aan hulle badkamers weens terugslae soos waterproofing, om teëls te lê en om seker te maak die plumbing is op standaard.
Hier is hoe die duo’s gevaar het:
Claudia en Alicia – 1.5 sterre
Die konsensus in #DieSussiesVanBloemfontein se badkamer was dat daar meer tyd spandeer was aan mooimaak as aan die praktiese aspekte soos waterproofing. Die beoordelaars het wel van die visgraat-teëls in die stort gehou.
Klaas en Yvett – 1.6 sterre
Die beoordelaars was bekommerd oor hoe vêr van klaar af #DieDeftigeDuo se badkamer was. Jessica het wel baie van hulle teëls gehou. Beligting was ook ‘n bekommernis vir die beoordelaars omdat Klaas en Yvett se badkamer geen natuurlike beligting het nie.
Elri en Juan-Louis – 2 sterre
Wicus, Jessica en Maggie het baie gehou van die kombinasie van die goud, groen en swart in #DiePelleVanPotch se badkamer en het ook verstaan dat Elri en Juan-Louis hulle badkamer-ontwerp moes verander het met die vorige sterremonie se terugvoering.
Mika en Jannie – 2.5 sterre
Die beoordelaars het lekker gegiggel vir die boodskappie wat #DieJongVerliefdes vir Wicus, Maggie en Jess gelos het. Die beoordelaars het ook baie van die donker kleure gehou wat Mika en Jannie in die badkamer geïnkorporeer het. Die terrazzo-teël met die grys was ‘n groot bederf vir die beoordelaars gewees.
Maggie en Gerrie – 2.8 sterre
#DieEklektieseEgpaar se pienk badkamer het omtrent die beoordelaars in vervoering gehad met hulle “Barbie”-badkamer (enige vrou se droom!). Hulle was wel ‘n klein bietjie bekommerd gewees oor die gehalte van die teëlwerk met die hoeveelheid voegbry (grout) wat op die teëls agtergebly het.
Die beoordelaars het ook genoem dat die stortkop effens te laag is om gemaklik te kan stort.
Johann en Lee-Ann – 2.9 sterre
Die beoordelaars was beïndruk met die handige notas wat #DieSkoonfamilie vir hulle gelaat het om te verduidelik wat nog in die spasie moet gebeur. Die kitkat-teëls was ‘n groot pluspunt vir die beoordelaars en hulle was mal oor die kleur daarvan!
Johann en Lee-Ann se slim konsep met die nisse in die badkamer het ook beïndruk, sowel as die feit dat die toilet en stort eintlik twee spasies is.
Johann en Lee-Ann bly dus die toesighouers vir die volgende fase van dié kompetisie: Die slaapkamer.
Stroom dié week se episode op DStv Stream en gesels saam deur die hutsmerk #KleinParadys te gebruik op Facebook, Instagram, X en TikTok