web uni tv guide
Klein Paradys S1 Slim BB Duos

Sterremonie 1 – Klein paradys

Nuus
01 November 2024
In die tweede episode van “Klein paradys” het die duo’s die beoordelaars ontmoet en uitgevind wie se bouplanne hulle beïndruk het.
Klein paradys

Goeie beplanning vir die prakties en uitsonderlik is uiters belangrik vir enige indrukwekkende mikro-eenheid, maar in Klein Paradys was hierdie ook die eerste geleentheid vir die duo’s om uit te vind of hulle op die regte pad is met hulle idees. Hier is dit verloop het:



Alicia en Claudia – 2.5 sterre

#DieSussiesVanBloemfontein het laaste gekom en die beoordelaars voel dat dié twee se planne nie heeltemal sin maak nie. Die beoordelaars noem wel dat hierdie moontlik die moeilikste eenheid is om te omskep, maar die susters het nie die spasie gebruik soos wat hulle sou nie. Hulle voel hoofsaaklik dat die gebrek aan spasie besoekers gaan dwing om buite te eet en dat die badkamer te groot is.

Klaas en Yvett – 2.8 sterre

Minimale punte vir ’n minimalistiese ontwerp. Dié twee wou aanvanklik nie hulle grootste geheim weggee nie, maar het toe besluit om die beoordelaars te vertel van die plakpapier wat die “hero” van hulle eenheid gaan wees. Die beoordelaars was opgewonde oor dié idee, maar Jess voel dat hulle “niks” gedoen met ’n eenheid wat baie potensiaal het. Die beoordelaars hoop dat hierdie twee pakplek in ag neem en die spasie baie beter gaan benut.



Elri en Juan-Louis – 2.9 sterre


In die vierde plek het ons #DiePelleVanPotch. Die beoordelaars voel dat die vriende se badkamer heeltemal te groot is en gevolglik baie spasie mors. Elri en Juan-Louis het wel hierdie kritiek in ag geneem en bespreek reeds hoe dit moontlik verander kan word. Jess was agter “besot op die boma” en waardeer dat hulle die weer sowel as die uitsig in ag neem met die indrukwekkende buite-area wat hulle beplan.

Jannie en Mika – 3 sterre

Wicus het gevoel dat #DieJongVerliefdes se idee om ’n eiland in die middel van hulle eenheid te sit dalk nie die beste opsie is vir ’n klein spasie nie. Daar was egter ook ’n paar positiewe punte. Die beoordelaars hou baie van die dek wat om die eenheid gebou word en glo dat die grootte van die badkamer ideaal is.



Maggie en Gerrie – 3.6 sterre


’n Goeie begin vir #DieEklektieseEgpaar. Die beoordelaars hou baie van die feit dat Maggie en Gerrie beplan het rondom die wonderlike uitsig. Hulle was ook die enigste duo wat hulle bed teen hul badkamer gaan sit en Magdalena dink dit is ’n slim idee vir die spasie. Wicus glo egter dat hulle nie genoeg spasie gaan hê vir die toonbank en eetstoele wat in hulle leefarea gaan kom nie.

Lee-Ann en Johann – 4 sterre

Die groot wenners van die eerste sterremonie! Wicus glo dat hierdie twee die perfekte spasie vir hulle idees gekry het en was mal oor die idee om die stort en toilet van mekaar te skei. Hy dink ook dat die eiland in dié eenheid sal werk omdat hulle genoeg spasie daarvoor geskep het. Jess is egter net bietjie bekommerd dat die eenheid dalk nie gaan “vloei” soos wat hulle beplan het nie.

#DieSkoonFamilie wen ’n eksklusiewe konsultasie met Wicus en is nou ook ons eerste toesighouers.

Stroom dié week se episode op DStv Stream en gesels saam deur die hutsmerk #KleinParadys te gebruik op Facebook, Instagram, X en TikTok.