Met die duo’s wat vordering maak met hulle eenhede, kan dit aanloklik wees om alles in jou massiewe huis te verkoop en ‘n mikro-eenheid aan te skaf van Tinyhome Africa. Ons het gaan uitvind hoekom dié beweging mense gaande het:
Bekostigbaarheid –
Dié huisies is baie goedkoper om te bou, in te rig en te onderhou as jou gewone huis.
Eko-vriendelikheid –
Mikro-huisies is beter vir die omgewing omdat dit ‘n kleiner eko-voetspoor laat as jou gemiddelde huis – dink net: Jy gaan minder water en elektrisiteit gebruik en jy kan selfs son panele laat installeer om heeltemal van die “grid” af te gaan.
Eenvoud –
Met die gemiddelde lewenstyl wat vinnig is en wat gaan oor oorlewing, in plaas van om te leef, is daar ‘n hunkering na ‘n eenvoudiger lewe toe en ‘n mikro-huis bied juis ‘n eenvoudige lewenstyl aan.
Skakel Donderdae om 20:00 in vir Klein paradys op kykNET, kanaal 144 om te sien hoe die duo’s se mikro-eenhede vorder. Gesels ook saam op Facebook, X, Instagram en TikTok.