web uni tv guide
web uni tv guide

Die Byl

144Misdaad18

In gesprek met Elmarie Botha – Die byl

Nuus
19 Februarie 2025
Ons gesels met reeksvervaardiger, skrywer en storie-beplanner, Elmarie Botha, oor 6 onvergeetlike seisoene van Die byl, wat kykers kan verwag van die laaste seisoen en meer.
Die byl

Hoe was dit om vir 6 seisoene aan Die byl te werk?

Ek kan seker baie dinge sê, maar dit is min of meer soos om geboorte te skenk. As jy in die situasie is, is dit ongelooflik uitdagend en kan op tye nogal oorweldigend wees. Ons het ongelooflik baie spelers, locations en bewegende parte. Die wonderlike crew en akteurs maak elke oomblik die moeite werd – maak nie saak hoe moeilik ’n dag kan raak nie. Die kort antwoord is dat ek bitter trots op almal en die eindproduk is. Elke liewe persoon los ’n stukkie van hulself in die produksie. Byl was vir meer as 10 jaar deel van my lewe.

Wat was jou gunsteling-storielyn?

Dit is soos om ’n gunsteling-kind te kies! Ek gaan wel sê dat seisoen 6 se storielyn met Eliaan een van my gunstelinge is a.g.v. die ingewikkelde storielyne en die kompleksiteit van haar karakter.



Hoe kry jy dit reg om af te wissel tussen Die byl en Boer soek ’n vrou?

Dom astrant... My groot liefde is stories en alhoewel die twee produksies hemelsbreed verskil, het dit mense se stories in gemeen, al is die een fiktief en die ander een realiteit.

Watter reeksmoordenaar wat in Die byl verskyn het staan vir jou die meeste uit en hoekom?

Ek gaan weer op Eliaan se knoppie druk – omdat sy ’n vrou is en omdat daar soveel lae in die karakter is. Dit was vir ons wonderlik om haar te skep en lewe te gee.

Wie is jou gunsteling-karakter in Die byl?

Byl natuurlik!

Hoe kry jy dit reg om so baie unieke sake met unieke moordenaars te skryf?

My kop is die hele tyd besig met stories, mense wat ek ontmoet, plekke wat ek sien ... Ek is konstant aan die stories bou. Ek het ook ’n wonderlike span skrywers wat my ondersteun en wat verstaan wat in my kop aangaan – soms selfs beter as ek!



Wat kan kykers verwag van die laaste seisoen?

Interessante sake, diverse reeksmoordenaars, spanning, menslike storielyne en uiteindelik die fragile nature of the human condition.

Skakel elke Dinsdag om 20:00 in vir al die drama en gesels saam deur die hutsmerk #DieByl te gebruik op FacebookInstagram, X en TikTok.