Om ’n selfdoen-projek aan te pak kan soms skrikwekkend, maar tog baie opwindend wees. Dis egter uiters belangrik om fyn te beplan voordat jy jou hande vuil kry en vashaak halfpad deur die projek.
Inspirasie
Al het jy ’n duidelike idee in jou kop sal dit nie seermaak om nog steeds meer inspirasie te kry vir jou projek nie. Wie weet, dalk vang iets jou oog wat jou heeltemal van plan laat verander! Pinterest is ’n wonderlike platform om al jou idees op een plek te hê.
Begroting
As jy ’n groot projek aanpak is dit baie belangrik om presies te weet hoeveel jy kan spandeer en waar jy moontlik slim gaan moet koop om geld te spaar. Beplan eers rondom materiale of gereedskap wat jy weet baie gaan kos, kyk uit vir “specials” en vergelyk pryse voordat jy enige finale besluite maak.
Kennis
Maak seker jy weet presies wat jy doen en wat van jou vereis gaan word. Kyk video’s en lees artikels vir goeie wenke, al het jou al ’n soortgelyke projek aangepak. Dis nooit te laat om nuwe maniere van goed doen te leer nie en wenke soos dié kan jou geld en moeite spaar.
Stap-vir-stap
Beplan wat eerste moet gebeur, wat laaste moet gebeur en elke stap tussenin. Hierdie is belangrik sodat jy jou vordering kan monitor, seker te maak niks word vergeet nie en te voel asof jy beloon word met elke stap nader aan die einddoel.
Skedule
Stel ’n skedule op een hou daarby! Dis nie altyd maklik om vooraf te skat hoe lank dit gaan vat om ’n spesifieke stap in jou projek af te handel nie en jy gaan bietjie aanpasbaar moet wees, maar ’n skedule sal jou help om doelgerig te bly deur die proses. Dit is soms belangrik om presies te weet wanneer om te begin en wanneer om te stop. Onthou ook om vir jouself genoeg tyd te gee om te rus en seker te maak die projek verloop soos wat jy beplan het.
Volg die hutsmerk #BrandtSeWenk op Facebook, Instagram en TikTok vir wonderlike DIY-wenke!