web uni tv guide
web uni tv guide

Sê Jou Sê

145Geselsprogram13

Die vyfde seisoen van ‘Sê jou sê’ gaan weer heelwat rimpelings veroorsaak

Nuus
03 Junie 2025
Dié program op kykNET & Kie is een van daardie reekse waar kykers ’n ware stem het, of hulle nou te na gekom is, die vieste in is, gebroke is of net iets swaar van die hart moet afkry.
Sê jou sê 

Dis ’n unieke aanslag van oop en eerlike gesprekvoering met die ervare Kaapse omroeper, Aden Thomas, aan die roer van sake.

“Die program is gewild want dit gaan oor die gaste en oor die stories,” sê Aden. En hy loof sy Sê jou sê-veldaanbieder en joernalis Chrislynn Sias-Louw wat met die navorsing van haar kant af die regte stories en ook die regte gaste te kry.

“Dit is deeglike navorsing en dis stories wat die kykers ken en selfs emosioneel betrokke by kan raak. Die inhoud. Dis die wenresep.

“Dis doodgewone issues en kwessies, maar dit is die ménse wat die stories kom vertel. En dan is daar ook geleentheid vir die gehoor om bydraes te kan maak,” sê Aden. Vir hom gaan dit ook daaroor dat gewone mense hul stories met eer kan vertel.

“Dit gaan oor verlies, dit gaan oor rou. Dis nou nie ligte issues wat ons tackle nie, maar dis mense wat graag wil hê hulle storie moet uitkom. Hulle sit daar en hulle huil. Of hulle baklei.” 

Aden glo dat die gaste ’n groot behoefte daaraan het dat mense na hulle moet luister. Dis belangrik vir die gaste om te weet hulle maak saak.

“Dis ’n waardevolle les in die lewe. Partykeer moet ’n mens net sit en luister. Daar’s bitter min wat ons kan doen om dinge beter te maak, maar mense wil graag net hul storie deel. Vir my was hierdie manier van luister na ander oor die afgelope vier seisoene baie waardevol.”

  • Sê jou sê begin op Sondag 15 Junie 2025 om 19:00 op kykNET & kie (DStv-kanaal 145). Episodes sal ook op DStv Stream beskikbaar wees.