web uni tv guide
Binnelanders S14 Slim BB
web uni tv guide

Binnelanders

144Sepie13 L

Die plasebo-effek – en raad vir daardie skouer – Binnelanders

Nuus
25 Februarie 2025
Daar word gesê dat die brein die magtigste orgaan in die lyf is. Dit is die middelpunt van jou senuweestelsel en stuur boodskappe na die res van jou liggaam. Maar kan jou brein die res van jou lyf ’n rat voor die oë draai?
Old women crying in the kitchen.

Met Mercia (Susan Coetzer) se terugkeer na Suid-Afrika, het Naomi en Louis alles probeer om te kyk of hulle haar probleem-skouer beter kan maak. Maar alle toetse en skanderings het gewys daar is niks fout nie, maar steeds het Mercia van pyn gekla.

Dit is toe daar begin wonder is: is dit nie dalk alles in haar verbeelding nie? Of platweg gestel soos dit in die volksmond staan – dis alles net in haar kop.

Daar is toe besluit om vir haar ’n plasebo te gee. ’n Plasebo, soms genoem ’n foppil, kan behandelings soos onaktiewe tablette (soos suikerpille), inerte inspuitings (soos soutoplossings en selfs vals chirurgie insluit. Met ander woorde die pasiënt dink hulle kry behandeling, maar die behandeling is ’n fop.

Navorsing het getoon dat plasebos nie ’n invloed op siektes het nie, dit kan slegs ’n invloed hê op die persoon se persepsie van hulle toestand.

Navorsers en wetenskaplikes verstaan nog nie heeltemal hoekom plasebos werk nie. Hulle glo dit het te doen met die komplekse neurobiologiese reaksie wat neurotransmitters of chemiese boodskappers soos endorfiene, serotonine en dopamien op die mens se gemoed het. “Die plasebo-effek is meer as net positiewe gedagtes,” sê prof. Ted Kaptchuk, hoof van plasebo-studies aan Harvard Universiteit se mediese fakulteit. “Dit is om ’n sterker konneksie tussen die brein en die liggaam te bou en hulle beter te laat saam werk.”

Kyk hier na prof. Kaptchuck waar hy meer verduidelik:

 

Die woord plasebo kom uit Latyn en beteken “ek sal tevrede stel”. Dit is reeds in die laat 18de eeu in ’n mediese konteks gebruik en is in 1811 gedefenieer as “enige medikasie wat vir ’n pasiënt gegee word om hulle tevrede te stel, eerder as wat daar enige mediese waarde is”.

Plasebo’s wat in navorsing vir nuwe medisyne of behandeling gebruik gaan word, word ook al jare gedoen, maar daar is die laaste tyd al meer vrae oor die etiek daarvan, veral wanneer daar vir ernstige siektes nuwe medikasie getoets word.

Praat met jou dokter of ’n mediese kenner indien jy meer wil uitvind en of plasebo-behandeling vir jou sal help. Kenners wêreldwyd waarsku teen elke Jan Rap en sy maat wat deesdae ’n pilletjie, ’n druppeltjie of ’n plakkertjie het wat wondere belowe.

Wat gemaak met daardie skouer?

Mercia se pyn in haar skouer is dalk alles in haar verbeelding, maar daar is tog ’n magdom vroue wat sukkel met skouerpyn.

Dr. Charl van den Berg, ’n ortopediese skouerchirurg van Somerset-Wes buite Kaapstad, gee meer inligting.

Die skouer is ’n bal-in-potjie gewrig en bestaan uit drie dele: humerus (bo-arm), skapula (bladbeen) en klavikel (sleutelbeen). Die kop van die humerus pas in die glenoid, of te wel die potjie. ’n Groep spiere en tendons hou die skouer in die skouergewrig. Daar is ’n vogsak bekend as die bursa tussen die rotarorkraag en die been op die bokant van jou skouer (akromion) Hierdie bursa laat die rotarorkraagtendons toe om vrylik te beweeg wanneer jy jou arm in verskillende rigtings beweeg.

Die boarmspier (aan die voorkant van jou bo-arm) help jou om jou elmboog te buig en jou voorarm te draai. Dit stabiliseer ook die skouer. Die boarmspier het twee tendons wat dit aan die bene in die skouer heg. Die glenoid (potjie) is uitgevoer met ’n sagte kraakbeenstruktuur genaamd die labrum. Hierdie weefsel help om die kop van die humerus in die skouer gewrig te stabiliseer.

Wat veroorsaak skouerpyn?

Die meeste skouerpyn val in vier kategorieë:

  • tendon inflammasie (bursitis of tendinitis) of tendon ruptuur
  • onstabiliteit
  • artritis
  • frakture (gebreekte bene)

Ander minder algemene oorsake van skouerpyn is:

  • tumors of groeisels
  • infeksie
  • senuweebeserings

Waar is die pyn geleë?

  • Op die bopunt van die skouer: Mag veroorsaak wees deur die akromioklavikulêre gewrig (AC gewrig) of AC-gewrig degenerasie en dislokasie
  • In die skouer of aan die kant van die arm: Rotatorkraag probleme
  • Aan die agterkant van die skouer: Moontlike artritis van die skouer
  • In die nek en boonste gedeelte van die skouer: Mag veroorsaak word deur verwysde pyn van die nek af

Dr. Van den Berg se webblad het ’n nuttige blad met riglyne hoe jy meer inligting oor die oorsaak van jou skouer kan kry. Hierdie is SLEGS ’n riglyn en vervang nie mediese advies van jou dokter nie.

https://www.shouldersurgery.co.za/diagnoseer-jou-skouer.php

Gaan kyk hier vir oefeninge wat jy kan doen:

https://orthoinfo.aaos.org/en/recovery/rotator-cuff-and-shoulder-conditioning-program/

Bronne: https://www.shouldersurgery.co.za/afr-index.ph

Skakel weeksdae om 19:30 in vir Binnelanders op kykNET, kanaal 144 of geniet die reeks later op DStv Stream. Gesels ook saam op Facebook, X, Instagram en TikTok