Soms moet jy net die ou jaar in die verlede los, afstof en stofsuig en jou spasie bietjie opkikker om by ‘n nuwe jaar en al sy potensiaal te pas.
Daar is 5 tendense wat jy orals sal raaksien in 2025 wanneer dit by dekor kom:
Gemaklik minimalisties –
Dié styl is gepas as jy besluit het om die nuwe jaar op ‘n skoon bladsy te begin. Channel jou innerlike Marie Kondo en gooi uit wat nie meer vir jou vreugde verskaf nie! Hou die spasie skoon, eenvoudig en oop, maar fokus gerus op sagte tekstiele soos kussings, throws, matte en om die gemaklikheid-faktor so bietjie van ‘n oemf te gee, fokus op neutrale, sagte kleure soos Pantone se kleur van die jaar, Mocha Mousse.
Tekstuur op jou mure en plafonne –
Daar is geen spasie vir ‘n vervelige muur in 2025 nie! Kry inspirasie by Maggie en Gerrie en by Klaas en Yvett en gaan groot met muurpapier teen jou muur of plafon. Jy kan ook eksperimenteer met hout panele of teëls om ‘n interessante afwerking te skep.
Vintage is vir meer as net klere –
Die 60s, 70s en 80s is terug en daarmee saam ook meubels! Ons kan aan geen beter verskoning dink om bietjie te gaan rondsnuffel by pandjieswinkels en tweedehandse-handelaars nie.
Patrone –
Wees waaghalsig en speel bietjie met patrone in jou spasie: Alles in die vertrek kan bymekaar pas in terme van skakerings óf jy kan GROOT gaan en speel met patrone en kleure na hartelus.
En dan van een ekstreme tendens na die volgende een:
Aardse kleure –
Aardse skakerings het ‘n tydlose effek op spasies en kan besonders kalmerend wees vir die persone wat daar woon, veral as jy ‘n vinnige leefstyl het tussendeur werk, familie, kinders en vriende.
Skakel Donderdae om 20:00 in vir Klein paradys op kykNET, kanaal 144 om te sien hoe die duo’s se mikro-eenhede vorder. Gesels ook saam op Facebook, X, Instagram en TikTok.